반복영역 건너뛰기
지역메뉴 바로가기
주메뉴 바로가기
본문 바로가기

연구정보

Die trauma van tuiste en (nie)behoort in Zimbabwe en sy diaspora: ‘Omsettingsversteuring’ in <i>Shadows</i> deur Novuyo Rosa Tshuma

짐바브웨 국외연구자료 기타 Johan U. Jacobs (Department of English, University of KwaZulu-Natal) AOSIS OpenJournals 발간일 : 2016-08-31 등록일 : 2016-08-31 원문링크

Die hernude xenofobiese aanvalle in Maart en April 2015 in Durban, Johannesburg en Kaapstad, die roof, afbrand van huise en winkels, lewensverlies, en vlug van duisende vreemde Afrikane na toevlugskampe, het nie alleen die hele kwessie rondom die Afrika-diaspora in Suid-Afrika na vore gebring nie, maar ook die vraag oor die betekenis van die begrippe ‘tuiste’ en ‘tuisland’ binne ’n diasporiese verband. In<em> Shadows</em>, wat in 2014 met die Herman Charles Bosman-prys bekroon is, beeld die Zimbabwiese skryfster Novuyo Rosa Tshuma die ontwrigte lewensomstandighede in die hedendaagse Zimbabwe uit, asook die hervestiging en dubbele vervreemding van die diasporiese Zimbabwiër-gemeenskap in Suid-Afrika. Die teks bestaan uit ’n novelle, ‘Shadows’, en vyf ander kortverhale, en kan bes beskou word as ’n verhaalsiklus, waarbinne the afsonderlike verhale verbind word deur die tema van diaspora en ook deur ’n aantal herkenbare diasporiese situasies en beelde. Die artikel put uit ‘n reeks opvattings oor diaspora, insluitende die Afrika- en <em>binne</em>-Afrika diaspora, en huidige navorsing oor Zimbabwe en sy diaspora. Die dubbelsinnige begrippe van <em>tuiste </em>en <em>samehorigheid</em>, <em>insluiting</em> en <em>uitsluiting</em>, word ondersoek na aanleiding van Tshuma se uitbeelding van die alledaagse <em>township</em>-lewe in Mugabe se Zimbabwe met sy voedseltekorte, algemene gebrek aan middele, en vernielde ekonomie, en hierteenoor, die randbestaan van die hedendaagse Zimbabwediaspora in Johannesburg met sy gewelddadige vervolging en korrupte magsmisbruike teen onwettige immigrante. Die artikel stel voor dat die psigogeniese toestand van ‘omskakelingsversteuring’, wat Tshuma beklemtoon in een van haar verhale, as ’n metafoor kan dien vir die paradoksale diasporiese vereenselwiging met, en vervreemding van, ’n tuiste, gemeenskap en tuisland in Zimbabwe sowel as in die onvriendelike gasheerland, Suid-Afrika

본 페이지에 등재된 자료는 운영기관(KIEP)AIF의 공식적인 입장을 대변하고 있지 않습니다.

목록